https://lowvelder.co.za/wp-content/uploads/sites/44/2020/02/Abigail-Barnard-Large.jpg

INTERLAER 2020: Skole gereed vir aksie

Die tafel is gedek vir vanjaar se NTT Toyota Interlaer wat by Hoërskool Barberton plaasvind.

by

Laerskool Baberton speel oor minder as 24 uur gasheer vir sewe skole, gereed om sake uit te spook tydens vanjaar se NTT Toyota Barberton Interlaer.

https://lowvelder.co.za/wp-content/uploads/sites/44/2020/02/Untitled-1-Large.jpg

Die tafel is gedek vir Barberton, Nelspruit Primary, Laerskool Nelspruit, Bergland, Lydenburg, Witrivier en Laerskool Laeveld om omstreeks 07:00 by Hoërskool Barberton aan te meld, in afwagting van die eerste skoot om 08:00.

Elke jaar kry die gasheerskool die geleentheid om te wys wat in hom steek en Barberton gaan beslis nie terughou nie. Die byeenkoms sal na verwagting om 16:30 eindig. Kaartjies is reeds by alle deelnemende skole teen R20 beskikbaar en sal ook op die dag by die hek te koop wees. Leerders in skooluniforms geniet gratis toegang.
‘n Wye verskeidenheid eet- en drinkgoed sal op die dag beskikbaar wees en kan deur middel van koepons bekom word.

Organiseerders maan alle bywoners om liefs die tweede ingang na Barberton te gebruik en by Steynstraat in te gaan soos op die kaart aangedui. Die kwik sal op die dag tot 28°C styg met ‘n skraal kans op reën.
‘n Volledige program sal op www.lowvelder.co.za beskikbaar wees en indien daar enige veranderinge op die program sou plaasvind, sal dit hier aangekondig word. Die gasheer sal dit ook aan deelnemende skole deurgee.