https://lowvelder.co.za/wp-content/uploads/sites/44/2020/02/AW9A8011.jpg

Luiperdwelpies was onwettig aangehou

Die welpies, ‘n wyfie en ‘n mannetjie, is ‘n paar weke gelede deur lede van die Mpumalanga Toerisme- en Parkeraad (MTPA) se wetstoepassingseenheid in die Acornhoek-omgewingin beslag geneem.

by

Twee luiperdwelpies word tans deur die personeel van ‘n plaaslike wildsentrum gerehabiliteer. Hulle is soos tipiese kleuters: regte woelwaters.

Die welpies, ‘n wyfie en ‘n mannetjie, is ‘n paar weke gelede deur lede van die Mpumalanga Toerisme- en Parkeraad (MTPA) se wetstoepassingseenheid in die Acornhoek-omgewingin beslag geneem.

https://lowvelder.co.za/wp-content/uploads/sites/44/2020/02/AW9A8170.jpg

Dit blyk dat ‘n volwasse luiperdwyfie moontlik deur lede van die gemeenskap doodgemaak is en die welpies weggeneem is om verkoop te word.

LEES OOK: Parasiete bedreig wilde perde van Kaapsehoop

Petronel Nieuwoudt, eienaar van Care for Wild Rhino Sanctuary, het bevestig dat die welpies tans gesond en sterk is.

“Hulle rehabilitasie vorder baie goed en ons is baie gelukkig met hulle toestand.”

https://lowvelder.co.za/wp-content/uploads/sites/44/2020/02/AW9A8126.jpg

Sy het verduidelik dat beide tans baie goed melk drink, maar dat hulle ook nou al begin het om vaste kos soos hoender te eet. “Ons is baie versigtig om te verseker dat die tweetjies op ‘n goeie dieët is, sodat hulle gestelle sterk kan bly.” Die langtermynplan is dat die welpies – wat nou ongeveer twee maande oud is – uiteindelik weer in ‘n gepaste ekosisteem vrygelaat kan word.

“Ons handhaaf minimale menslike kontak met die twee. Op hierdie stadium is dit net ek en een ander persoon wat met hulle werk, en dan ook slegs met voertyd en wanneer hulle geweeg word.”

Sodra die sibbe bietjie ouer is, so teen vier maande oud, sal hulle na ‘n groter kamp verplaas word. Hulle sal dan ook geëvalueer word aangaande verdere rehabilitasie.

https://lowvelder.co.za/wp-content/uploads/sites/44/2020/02/AW9A8028.jpg

“Die tweetjies doen regtig baie goed op die oomblik en ek is hoopvol op ‘n suksesvolle vrylating,” het Nieuwoudt gesê. “Hulle sal dan natuurlik met elektroniese halsbande toegerus word.”

Hoewel die luiperds nou selfversekerd in hulle hok klim en klouter en met mekaar stoei, het dit nie dadelik gebeur nie. “Veral die wyfie het aan die begin swaargekry. Sy is ‘n bietjie kleiner as haar boetie. Sy was baie gedehidreer met hulle aankoms.”

https://lowvelder.co.za/wp-content/uploads/sites/44/2020/02/AW9A8076.jpg

Nieuwoudt het laggend vertel dat die twee se persoonlikhede hemelsbreed verskil. “Die wyfie is baie kwaaier en sal jou dadelik probeer bekruip. Die mannetjie is baie meer vredeliewend.”
Sy het gesê dat hulle baie dankbaar is dat die twee gevind is. “As die publiek weet van wilde diere wat aangehou word, moet hulle ons asseblief laat weet.”

Die MTPA-ondersoek na die onwettige aanhouding van die twee luiperdwelpies duur nog voort.