https://lowvelder.co.za/wp-content/uploads/sites/44/2020/01/zanri.jpg

Die stryd om weer te loop

Zanri Nieuwoudt het twee weke gelede haar eerste treë in die hoërskool gegee nadat sy vir vier jaar in ‘n rolstoel was.

by

Zanri het in gr. 4 sonder enige mediese verduideliking haar vermoë om te loop verloor. Haar ma, Hildegaardt, het gesien hoe haar kind sukke om te loop, tot Zanri later glad nie meer kon nie.

Sy het begin sukkel om te beweeg toe sy haar tweede menslike papilloomvirus (HPV) inenting.

Die inenting help om talle seksueel-oordraagbare infeksies wat kan lei tot kanker, te voorkom.

Die Nieuwoudt-gesin vermoed dat dit die inenting is wat haar toestand veroorsaak het, maar daar is geen mediese bewyse daarvoor nie.

“Ons is nie teen inenting nie, net teen HPV, omdat daar so baie soortgelykke gevalle is soos Zanri s’n na hulle die inenting gekry het,” sê Hildegaardt.

https://lowvelder.co.za/wp-content/uploads/sites/44/2020/01/WhatsApp-Image-2020-01-26-at-16.55.29-e1580464578359.jpeg

Simoné, Zanri se tweeling sussie het ook die inspuiting gekry en nie ‘n reaksie daarop gehad nie.

“Mense verskil en reageer verskillend,” sê Hildegaardt.

Zanri kon op daardie stadium nog alles beweeg, maar het nie beheer gehad oor dit nie.

Dokters het gesê dit lyk asof dit haar senuweestelsel is wat beskadig is.

Toetse het gewys dat haar mitochondria geswel was, wat beteken het dat sy baie senditief en seer was.

“Jy doen maar alles wat jy kan en hoop en bid jou kind kom weer reg,” sê Hildegaardt.

Na twee en ‘n half jaar in die rolstoel moes Zanri elke dag fisioterapie kry om haar spiere te strek en te oefen omdat dit verkort het.

“Dit was ongelooflik seer vir haar,” sê Hildegaardt.

Zanri se liggaam het ‘n outo-immuuntoestand ontwikkel waat die liggaam homself elke keer aanval wanneer sy fisioterapie ontvang het.

LEES OOK: Groener weivelde vir voormalige FLASH bevelvoerder in Moegadisjoe

“Na so ‘n paar dae sal sy siek word en verkouesimptome begin kry,” sê Hildegaardt.

Gr. 5 en 6 was sy nie in die skool nie, maar in ‘n tuisonderriggroep, Passion with Purpose. In gr. 7 het hulle weer probeer om haar in ‘n openbare skool te sit, maar in ‘n rolstoel.  Dit was te moeilik, want die skole is nie ingerig vir rolstoele nie.

“Om myself besig te hou, het ek begin teken en verf,” sê Zanri.

Met die hulp van intense fisioterapie vanaf 2018, asook krukke en spesiale stutte, het Zanri weer regop gestaan en begin loop.

“Die eerste gedagte wat deur my kop gegaan het, was dat ek so lank is,” sê Zanri.

Die tweeling is by Hoërskool Nelspruit ingeskryf vir gr. 8.

“Ons wou eers wag voor ons haar in ‘n gewone skool sit, maar na baie praat en huil het ons besluit om haar tog skool toe te stuur,” sê Hildegaardt.

Dit het in daardie stadium baie goed gegaan met Zanri en die familie was bang sy kry dalk nie plek wanneer hulle haar later in die skool wou plaas nie.

Hildegaardt sê ook hoe langer hulle sou wag, hoe banger sou sy word om skool toe te gaan.

Hier is ‘n video van Zanri voor sy in die rolstoel was.

Hulle het besluit dat terwyl al die gr. 8-leerders bang en vreemd by die nuwe skool voel, dit ‘n goeie tyd sou wees om haar saam met hulle te laat begin.

“Haar sussie was natuurlik bly sy kom saam skool toe,” sê Hildegaardt.

Zanri is nou by ‘n biokinetikus wat haar help om reg te loop.

Hildegaardt was en is nog steeds bekommerd oor die volhoubaarheid van die besluit.

“Sy kan nie haar tas dra nie, so sy moet haar tas in die kantoor los en die boeke uithaal wat sy nodig sal kry,” sê Hildegaardt.

LEES OOK: Maak reg vir Maroela Makiti

Hildegaardt sê sy is veral bekommerd omdat Zanri ietwat van ‘n terugslag gehad het na haar eerste paar weke by die skool.

Zanri hoop om dalk eendag ‘n fisioterapeut of sielkundige te word.

“Ek het gesien hoe hulle hierdie mense my gehelp het en ek sal graag eendag dieselfde vir ander wil doen,” sê Zanri.