https://lowvelder.co.za/wp-content/uploads/sites/44/2019/11/Thea-Rix.jpg
Thea Rix het saamgesnoer met twee ander liefdadigheidswerkers om die blikkieskosprojek te begin.

Kersfeeskos vir behoeftige gemeenskapslede

‘n Merkwaardige inisiatief deur oudliefdadigheidswerkers word op die been gebring om te verseker daar is nie ‘n leë maag gedurende die feesseisoen nie.

by

MBOMBELA – Toy Bester, die stigter van Nelspruit Omgee, Thea Rix, die voorsitter van die Christelike Maatskaplike Raad en Tersia Marshall, ‘n wyksraadlid, het saamgesnoer om ‘n blikkieskosprojek van stapel te stuur wat poog om sowat 100 mense oor die Kerstydperk te voer.

“Daar is ‘n groot behoefte aan voedsel en met Kersfees wat kom, wil ons nie hê die mense moet sonder kos sit nie,” het Marshall benadruk.


Rix het die koerant ingelig dat dit ‘n deurlopende projek is en dat hulle daagliks navrae kry van mense wat kos nodig het. “Ons is nie kieskeurig nie en enigiets wat mense kan skenk sal waardeer word, ons maak maar allerhande goedjies bymekaar.”

Daar word ‘n beroep op mense gedoen deur Rix en haar span om veral niebederfbare voedselprodukte te skenk. “Ons het nie die fasiliteite om die kos koel te hou nie, en ons wil nie hê dit moet vrot word nie,” het sy verduidelik.

ALSO READ: Silulumanzi invites residents to talk about water

Hulle lewer ook kospakkies af by behoeftige mense wat hulle op Facebook nader en sal daarom ook skenkings van koopbewyse vir brandstof hoog op prys stel.

Goedhartige gemeenskapslede wat belangstel om deel van die blikkieskosprojek te wees, of om ‘n skenking te maak vir hierdie goeie doel, kan Rix skakel by 082-771-2889, of vir Bester by 081-438 -5373.
Aflewering van kosskenkings kan by CMR se perseel in Branderstraat 36 gemaak word.

ALSO READ: Maak kampkos in 1-2-3 met dié resepte